Contact Artefacts
please if you have any comments or more information regarding this record.

Eerste Landdroshuis (First Magistrate's house)
Mashishing (Lydenburg), Mpumalanga

Date:1850
Type:Homestead
Status:Demolished

Eerste Landdroshuis op Lydenburg (First Magistrate's house at Lydenburg)

Marius Bakkes

'n Mens wonder of daar nog van die ouer inwoners is wat onthou van die ou landroshuis op die hoek van Bührmann en Langestraat.

Vandag is daar twee nuwe woonhuise op die erf. Die ouer huis wat nou Langestraat nr. 1 is, moes hier in die negentien dertigs rond gebou wees. Dié huis moes lank die erf met die ou landroshuis gedeel het, want die nuwer huis is sigbaar op fotos van die ou huis wat in Lydenburg se eeufees gedenkboek in 1950 verskyn.

Iewers in die vroeë sestiger jare het die vervalle grasdakwoonhuis wat ook lank as 'n kunstenaar se ateljee diens gedoen het, toe in die stof gebyt. Die historiese waarde daarvan is toe al besef. Dis opgemeet en versigtig afgebreek om eendag by 'n beplande opelugmuseum weer herbou te word.

Me. Etta Judson wat lank die kurator van die museum hier op Lydenburg was, sê die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria het vroeër jare so 'n opelugmuseum met volksboukuns beplan. Met die veranderde tye het daarvan niks gekom nie. Wat nou van die sorgvuldigde gebergde roustene en dakbalke geword het weet nugter.

Fotos van die ou landroshuis het onlangs met die dood van tannie Annetjie Bosman weer na vore gekom. Haar dogter Mariette was hier om haar huis op te ruim. Sy het toe die seldsame fotos aan ons hier by die koerant geleen.

En dis waar ons speurtog begin – ek en die beminde oom Hansie Meyer – 'n man met 'n einde;lose bvelangstelling in die streek en sy geskiedenis.

Uit 'n afskrif van die doktorale tesis van die latere professor Gert Duvenhage oor die geskiedenis van die Republiek van Lydenburg wat oom Hansie in sy versameling het, kry ons 'n ou straatplan van Lydenburg. Hierop is die oudste erwe wat voor 1856 bewoon was, ook aangedui.

Die twee boonste burgererwe tussen Lange en De Clerqstrate bo teen wat later Bührmanstraat sou word, het behoort aan Cornelius Potgieter. Ook die langwerpige huis op die hoek van die booste erf word op die kaart aangedui.

By die foto van die huis op bladsy 121 in Lydenburg se Eeufeesgedenkboek van 1950 sê nog 'n bekende streekshistorikus, PA van der Merwe dat dit die huis van Jacob de Clercq Jnr. was. Hy was die eerste landros van Lydenburg. Cornelius Potgieter het de Clerque eers in 860, as tweede landros van Lydenburg opgevolg. Aan wie die huis behoort het, en of altwee dit tydens hulle ampstermyne bewoon het, kon ons nog nêrens opspoor nie.

De Clercq is 1n 1824 gebore en maak die Groot Trek as opgeskote seun mee. Sy vader is die eerste landros op Winburg en later Klerksdorp. Hy trou in 1848 met Martha van Rensburg. Hulle het elf kinders. As trekkerskind het De Clercq 'n merkwaardige en goeie skoolopvoeding gehad. Later self moeite om van Lydenburg na Natal te ry om 'n Meesters Hendriks vir sy eie kinders se skooling te gaan haal.

Jacob de Clercq is in 1850 een van die eerstes om van Ohrigstad na die gesonder klimaat van Lydenburg te verhuis. PA van der Merwe skryf hy gaan woon op die hoek van Lange en Bührmanstraat.

Cornelius Potgieter was die tweede vaste landros van Lydenburg. Gebore in 1816 was hy 'n neef van die Voortrekker Hoofkommandant Andries Hendrik Potgieter. Hy was getroud met Kattotjie Espag. Hy het sy taak as landros vanaf 1860 tot 1869 uitgevoer toe hy dood is aan swartwater.

Potgieter was ook 'n voksraadslid van die Republike van Lydenburg voordat daar met die res van die voortrekkergemeenskappe in die Transvaal saamgesmelt is.

Van der Merwe sê dat Cornelius Potgieter een van die eerstes was om 'n huis op Lydenburg te bou. Dit bring verwarring oor wie dan die landroshuis gebou het – de Clerq of Potgieter.

Potgieter is na sy dood opgevolg deur Arnold Jansen. Dié Hollander het hier aangekom as onderwysers. Hy is later getroud met Anna Malan, dogter van Jacob Malan. Malan is vandag nog bekend vir sy betrokkenheid met die twee ruiltransaksies met die Pedis en Swazies wat die hele Oos Tranvaal wat destyds feitlik onbevolk was, in Voortrekker besit gelaat het.

Jansen is eers hulp-landros vanaf 1966. Met die Britse anneksasie van Transvaal moes Jansen sy amp neerlê. Hy hervat dit egter weer na die Boere se oorwinning by Majuba in 1881 en die herinstelling van die Rupubliek met Kruger as President.

Jansen sterf in 1895. Dis egter onseker of hy en sy gesin ook in landroshuis gewoon het.

All truncated references not fully cited below are those of Joanna Walker's original text and cited in full in the 'Bibliography' entry of the Lexicon.