![]() Contact Artefacts | MenuHomeUpfront Now Up Books Towns Structures People Firms Lexicon | Gereformeerde Kerk | ![]() | |
Click to view large map Coordinates: | Gereformeerde kerk Cullinan: Die gemeente is op 10 September 1966 van die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit afgestig. Aan die begin het die gemeente uit agt wyke bestaan en is eredienste in die Presbiteriaanse kerk, toe die skoolsaal en later die Voortrekkersaal gehou. Eindelik het die gemeente 6 morg kerkgrond teen R112,50 per morg van die Zonderwater-gevangenis aangekoop. Eers is net ’n kerksaal gebou wat op 26 Julie 1970 in gebruik geneem is. Die koste was R21 000 en dr. B.R. Kruger het die hoeksteen op 2 Mei 1970 gelê. Die eerste orrel is geskenk deur die moedergemeente en is later vervang deur ’n unieke pyporreltjie, wat nie eens voetnote het nie en moontlik die kleinste in dié kerkverband is. Later is die saal in ’n kerk omskep met die aanbou van die vleuels en moederskamer. Die argitek is onbekend. (Morné van Rooyen, 2016) The congregation broke away from the Bronkhorstspruit Gereformeerde church on 10 September 1966. At first the congregation consisted of eight districts and held communion in the Presbyterian church, then the school hall and later the Voortrekker hall. Eventually the congregation bought 6 morgen of land at R112,50 per morgen from the Zonderwater prison. First just a church hall was built which was taken into use on 26 July 1970. The cost was R21 000 and dr. B.R. Kruger laid the corner stone on 2 May 1970. The first organ was donated by the moederkerk and was later replaced by a unique pipe organ which had no foot-pedals and was possibly the smallest in this church denomination. The hall was later converted into a church with the addition of wings and a mothers' room. The architect is unknown. |