BArch 1988 (Pretoria) - Final design title: Wêreldhandelsentrum
Marnus BARNARD was invited to participate in the 50 year Anniversary of the University of Pretoria School of Architecture Alumni Exhibition held at the Pretoria Art Gallery on 7-25 July 1993. The following is a short biography which was published in the catalogue at the time.
Ek het in 1988, direk na ek my studies voltooi het, begin praktiseer as argitek by STAUCH VORSTER Pretoria, waar ek steeds werksaam is. Die eerste twee jaar of so is, soos te wagte kan wees, in beslag geneem deur werk aan projekte onder leiding van senior argitekte in die praktyk. Die afgelope drie jaar werk ek min of meer op my eie.
Na die frenetiese aktiwiteit van die tagtigerjare is dit nou in die negentigs makliker om te aanvaar dat die argitek 'n vakman is wat baie tyd nodig het om sy kuns te bemeester. Dit is maar eers onlangs dat ek genoeg selfvertroue en kennis begin kry het om vinnig besluite te neem. Ek voel ek is nou in 'n redelike posisie om funksionele en boutegnologiese probleme suksesvol op te los. Dit meer teoretiese aspekte van my werk is egter nog baie onseker.
Ek dink 'n mens is onvermydelik gebind aan tyd en plek. Die tyd waarin ek leef is vir my nog steeds die era van tegnologie. Tegnologie is vergestalt in die argitektuur van die moderne beweging en, hoewel beslis nie die enigste denkrigting nie, is vandag nog net so geldig soos aan die begin van die eeu. Ek probeer kommunikeer met die oorsprong deur die werk van Suid Afrikaners wat aanvanklik modernisme aanvaar het. Karl JOOSTE en Norman EATON is belangrik.
Dit is vandag moontlik om weer modernisties te werk, sonder om dogmaties te wees. Noem dit neo-modernisme indien nodig. Natuurlik is dit styl. Post-modernisme het ons ten minste geleer om nie skaam te wees vir styl nie.
Ek vind dit baie moeilik om die huidige diskoers omtrent dekonstruksie en subteks (en so aan) te volg en ek stel nie regtig belang om die kode daarvan te ontsyfer nie. Ek vind dit makliker om met eenvoudige konsepte te werk, soos funksie en materiaal en konstruksie. Elke gebou het egter ook 'n metafisiese element en dit word bepaal deur die manier waarop die funksie en matrie bymekaargebring word. Hierdie proses moet nie heeltemal blootgelê word nie.
Ek dink ek is nou oud genoeg om van iets te mag hou sonder om te weet waarom.
He was also listed as best final year design thesis for 1988. List of projects With photographs
With notes
Grand Central Sub-station: 1993. Midrand, Gauteng - Design Architect
| MTN Offices: 199?. Polokwane (Pietersburg), Limpopo - Design Architect
| Pietersburg Municipality Parks Department Offices: 1991. Polokwane (Pietersburg), Limpopo - Design Architect
|
Articles by BARNARD BARNARD, MC. 1990. Die Noord-Transvaal - 'n subjektiewe ervaring. Architecture SA. May/Jun pp. 20-26
|
|