BArch 1961 (Pretoria)
Samuel PAUW was invited to participate in the 50 year Anniversary of the University of Pretoria School of Architecture Alumni Exhibition held at the Pretoria Art Gallery on 7-25 July 1993. The following is a short biography which was published in the catalogue at the time.
Gebore Germiston 1936.
Matrikuleer Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch 1953. Leërgimnasium 1954.
Behaal B Arch graad Universiteit van Pretoria 1961.
Begin privaatpraktyk 1962. Onderneem studietoere oor verskeie aspekte van argitektuur na Europa, V S A, Kanada, Australia en die Ooste 1965-1991.
Direkteur multidissiplinere firma Plan Medewerkers 1966-1976.
Toekennings:
- Instituut van Argitekte 1979, 1987 en 1990,
- Baksteenvereniging 1986,
- Fulton beton eervolle vermelding 1985, Fulton beton toekenning 1986.
Gedurende 'n praktykperiode van 32 jaar is 'n groot reeks geboutipes ontwerp. Dit sluit in kantoor-, woon-, kulturele, opvoedkundige, navorsings-, kommersiele, ontspannings- en industriëile geboue. Mees onlangse geboue: RGN-hoofgebou (1987), Pretoria; Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (1990) en Konferensiesentrum (1992), Universiteit van Pretoria.
Verwerf M-Arch-graad 1990 met 'n verhandeling getiteld: " 'n Vertolking van Le Corbusier se mensbeskouing soos dit in sy geskrifte voorkom".
Lid van, onder andere: S A Instituut van Argitekte, S A Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria Argitekte Vereniging, Stigting Simon van der Stel, S A Kunsvereniging en die Middeleeuse Vereniging. Betrokke by veskillende opvoedkundige-, kuns- en kultuurorganisasies. Direkteur van verskeie eiendomsmaatskappye.
______________________
He was a recipient of the Medal of Honour for Architecture by the SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1995.
______________________
Samuel Pauw died on Tuesday night 18 May 2016. The following is a letter sent to the members of the Pretoria Institute for Architecture.
Dear Members of the PIA,
It is with great sadness that we would like to inform you of the passing of Samuel Pauw.
His memorial service will be held on Tuesday morning at 11h00 at the NG Kerk South-East Pretoria in Stella Street, Waterkloof.
Herewith a note from Claus to remember him by.
"Samuel Pauw is Dinsdagnag die 18 Mei 2016 oorlede.
Samuel was 'n uiters bekwame, vindingryke, waagmoedige, innoverende en entoesiastiese argitek. Die verskeidenheid suksesvolle projekte wat deur die firmas waarin hy 'n vennoot was, spreek vanself. Die vernuwende wyse waarby die funksie en estetika van projekte tot meriete bekroonde argitektuur gelei het is alom bekend en word onder sy kollegas gerespekteer.
Samuel het sy kantoor bestuur deur erkenning te gee aan elkeen en 'n atmosfeer geskep wat spanwerk, selfvertroue, kreatiwiteit en inisiatief bevorder het. Elkeen is gerespekteer en kon so sy deel bydra.
Sy wye spektrum van kennis en belangstelling in argitektuur, die beeldende kunste, .literatuur, geskiedenis, musiek, ens, is met ons gedeel en kon ons daardeur groei. Hy het verskeie oorsese studiereise onderneem, lesings gegee en het ook aktief betrokke geraak by projekte buite die veld van argitektuur.
Ek beskryf hom graag as 'n omgeemens, nie net teenoor die mensdom nie maar ook teenoor die skepping. Veral in die laaste jare as sy vennoot en ook daarna het ek sy diepsinnigheid en lewenswysheid beleef. Lekker gesprekke rondom alles en nogwat, vanaf geloofsake, die nuwe Suid Afrika, die toekoms van die argiteksprofessie, mens wees en die "Paradigm Shift" wat nodig is vir die oorlewing binne die vinnige veranderde wêreld, sal ek altyd onthou.
Samuel het voorspoed en teëspoed geken. Swaar tye het hy moedig aangepak.
Ons is innig dankbaar dat Samuel 'n groot en belangrike deel van ons lewe was.
Rus in Vrede
Jou vennoot en vriend,
Claus Schütte" List of projects With photographs With notes
Burgergedenkteken: 1978. uMnambithi (Ladysmith), KwaZulu-Natal - Architect
| RGN-Gebou: 1986. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
| Sapekoegebou: 1988. Tzaneen, Limpopo - Architect
| University of Pretoria, Conference Centre: 1992. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
| University of Pretoria, Economic and Management Sciences Building: 1989-90. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
| University of Pretoria, Faculty of Economics: n.d.. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
| University of Pretoria, Study Centre: 1995. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
| Volkskas Building - Now ABSA Centre: 1976. Tshwane (Pretoria), Gauteng - Architect
|
|