Contact Artefacts
please if you have any comments or more information regarding this record.

NG Kerksaal - Hall
Senekal, Free State

Date:1925
Type:Church Hall
Status:Extant

Beriggie in die Kerkbode:

"Senekal – Op 31 Oktober is 'n lang verwagte mylpaal bereik in die geskiedenis van hierdie gemeente. Op dié dag is die kerksaal ingewy. Baie wat daar voor geywer het rus in die moederaarde. By die opening is daarvan melding gemaak dat ds. Pienaar nie kon teenwoordig wees nie, en dat hy die eerste fondse versamel het vir die bou van 'n saal. Dit was na sy bevestiging die eerste werk wat dr. Rossouw aangepak het om klaar te maak, en die fondse daarvoor het vinnig aangegroei, sodat die werk klaar is byna sonder skuld. Die here Ferguson en Cook, die kontrakteurs, kom lof toe vir die sierlike, doelmatige gebou. Om 11 uur vm. het die plaaslike leraar die deur oopgesluit in die naam van die Heer, en eerw. De Villiers, die plaaslike sendeling, het die wydingsgebed gedoen. Daarop het dr. Rossouw treffend gepraat oor Hand. 1:13, 14. Verder was evangelis Japie Eksteen teenwoordig, wat hier is om die plaaslike leraar te help, waar nodig, met bidure, en mededelinge omtrent sy werk onder arm mense. Toe is daar 'n beroep gemaak vir delging van die £1 400 tekort. Staande die vergadering is £600 bymekaar gemaak, waarvan £60 deur die susters versamel is onder leiding van ons ywerige predikantsvrou. Die boukommissie kom alle lof toe vir die opoffering wat hulle gemaak het om die werk deur te sien. Die aangename gemoedstemming is bewys van die dank van die gemeente aan leraar, kerkraad, boukommissie en kontrakteurs vir hulle werk. Die koor, onder leiding van prof. De Lange het pragtig gesing. Sondag is Hervormingsdag plegtig herdenk onder 'n treffende rede deur die leraar oor die woorde: ‘Man Gods, die dood is in die pot.’ Iedereen is goedsmoeds en versterk huis toe gekeer."

(Morné van Rooyen)

Report in the Church Messenger:

"Senekal – On 31 October a long awaited mile stone was reached in the history of this congregation. On this day the church hall was inaugurated. Many who longed for this were already at rest in mother earth. At the opening it was mentioned that Rev. Pienaar could not be present and that he collected the first funds for the hall. After his induction it was the first thing that Rev. Rossouw undertook to complete, and the funds grew rapidly ensuring that the work could be completed almost without debt. Messrs. Ferguson and Cook, the contractors, were praised for the beautiful, practical building. At 11 o'clock am the local minister opened the door in the name of God, and Rev, De Villiers, the local missionary offered the dedication prayer. This was followed by a striking talk by Dr. Rossouw based on Acts 1:13, 14. Furthermore evangelist Japie Eksteen was present, who is here to help the local preacher, where necessary, with prayer hour and gave an account of his work amongst the poor. Then a call was made for help to make up the £1 4000 shortfall. Following the meeting £600 was collected, £60 collected by the sisters under the leadership of our minister's industrious wife. The building committee praised the work done to see it completed. The happy mood is proof of the gratitude of the congregation to the preacher, church council, building committee and contractors for all their work. The choir, under the baton of Prof. De Lange, sang beautifully. That Sunday, Reformation Day was duly commemorated with a striking sermon by the minister on the text: 'Man of God, there is death in the pot!' (2 Kings 4:40). Everyone returned home strengthened and joyful."