Home
Upfront
Now Up
Books
Towns
Structures
People
Firms
Lexicon

Argiknepe : tegniese nuus : glas sonskerm

_____________________________________________________

Author:Wegelin, Hans
In:Architecture SA Vol 16, Issue 7, Jul
Date:1991
Pages:36
_____________________________________________________



Glas sonskerm

Kantoorgebou, Middelstraat, Nieuw Mucleneuk, Pretoria 1989

Die kantore op dié smal, diep erf kyk wes. Die skerm van getinte, hitteabsorberende glas verminder sonstralingsenergie met ongeveer 68%, sonder om uitsig te belemmer. Die skerm is gekroon met 'n swart leiklip fassie.

Die glas (Shatterprufe Deep Cool Grey HPR) is gemonteer in 'n aluminiumraam wat hang aan ‘n staal buisprofielraamwerk wat met chemiese boute aan die gebou se betonkolomme bevestig is. Die skerm staan 1,2 m weg van die gebou sodat warmte-energie van die hitteabsorberende glas deur die skoorsteeneffek kan ontsnap.

Die raanwerk waarteen die glas en leiklipfassie bevestig is bestaan uit vakwerk van vierkantprofiel staal op 2,7 m afstande, en horisontale relings wat die raamwerk ook lateraal stabiliseer. Die raamwerk en glasskerm het 'n vertikale bewegingsvoeg in die middel, regoor die bewegingsvoeg in die geboustruktuur.

Die leiklipfassie bestaan uit blokke van 800 mm x 1000 mm hoog x 40 mm dik en staan in 'n staalkanaal met syfergate vir dreinering van reënwater. Die blokke word teen die boonste lat vasgehou met sagtestaal klampe.

Die raamwerk en glasskerm is heel laaste met behulp van mobiele steierwerk en vanaf die dak opgerig (die gebou was al geverf), om beskadiging tydens bou-werk te verhoed.

Gegalvaniseerde plaatmetaal reënwater afleipype vanaf die gebou se geut loop in die vierkantprofiele van die vakwark af.

'n Loopplank word deur die raamwerk gesteek om vensters te was.

Argitek: Kemp Wegelin en Vennote

Ingenieur: VAN WYK EN LOUW

Glass solar screen

Office Building, Middel Street, Nieuw Mucleneuk, Pretoria 1989

The offices on this narrow, deep site face west. The screen of tinted, heat absorbing glass reduces radiant solar energy by about 68% without obstructing the view. The screen is capped by a black slate fascia.

The glass (Shatterprufe Deep Cool Grey HPR) is mounted in an aluminium frame fixed to a square tubular steel frame, mounted to the building's concrete columns with chemical bolts. The screen stands 1,2 m away from the building, allowing energy from the heat absorbing glass to escape by means of the chimney effect.

The screen frame doubles as platform for cleaning the glass — a gangplank is laid across the horizontal members.

Architect: Kemp Wegelin and Partners

Engineer: VAN WYK EN LOUW