Now Up
Books
Towns
Structures
People
Firms
Lexicon
About Us

Klaas van Rysse Jr. Staatsamptenaar en Boukunstenaar van die S.A.R.

_____________________________________________________

Author:Rex, HM
In:Pretoriana No. 23. April
Date:1953
Pages:pp. 26-31
_____________________________________________________



STAATSAMPTENAAR EN BOUKUNSTENAAR VAN DIE S.A.R.

KLAAS VAN RYSSE Jr. was een van 'n hele aantal Nederlanders wat gedurende die laaste twee dekades van die 19de eeu, as 'n staatsamptenaar en 'n private burger, 'n besonder belangrike rol in die Suid-Afrikaanse Republiek gespeel het. In medewerking met Sytze WIERDA, Hoof van die Departement van Publieke Werke van die S.A.R., het Van Rysse, vanaf 1887 tot en met die Tweede Vryheidsoorlog, sy nuwe vaderland, waarvan hy in 1898 volle burger geword het, in verskillende hoedanigheid en op verskillende terreine met liefdevolle toewyding gedien. Klaas van Rysse is lankal reeds oorlede en hy le begrawe in Velp, in sy geboorteland, maar hier in Pretoria en ook op ander plekke in Transvaal, staan daar 'n hele aantal imposante open bare en private geboue wat as monumente van skoonheid en openbare nut sy gedagtenis in herinnering hou, afgesien van sy waardevol1e werksaamheid in belang van die Suid-Afrikaanse Republiek in die algemeen en van die ad Pretoria en die Gereformeerde Gemeente van Pretoria in die besonder.

SY OPLEIDING AS ARGITEK.

Nadat Klaas van Rysse as 'n privaatleerling van Sytze Wierda van Amsterdam sy opleiding en vorming as argitek voltooi het, het hy hom aandam, sy geboorteplek, is boukundige gevestig. Daar is hy aan die begin van 1887 in die huwelik bevestig met mev. Jacoba Hartgerink Brummelkamp, die weduwee van Benjamin Brummelkamp. Laasgenoemde was 'n seun van professor Antonie Brummelkamp verbonde aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool in Kampen. Dit is vermeldenswaardig dat toe Klaas van Rysse na Amsterdam verhuis het om in diens te tree van mnr. Wierda, hy by die weduwee Brummelkamp gaan loseer het. Mettertyd het daar 'n liefdesverhouding tussen Van Rysse en mev. Hartgerink-Brummelkamp ontstaan wat vroeg in 1887 tot 'n baie gelukkige egverbintenis gelei het.

VERHUISING NA DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK.

Kort na hulle huwelik het die egpaar Van Rysse en die kinders uit mev. Van Rysse se eerste huwelik, in geselskap van 'n aantal ander Nederlandse immigrante na die Suid-Afrikaanse Republiek vertrek. Hier in Pretoria het Klaas van Rysse as argitek in diens getree van G. R. Ockerse, 'n nyweraar wat 'n hele aantal belangrike handels- en nywerheidsbelange in die Republiek gehad het. In hierdie verband kan veral van Ockerse se steenmakery en leerlooiery melding gemaak word. Verskillende Nederlandse vakmanne is deur Ockerse na Pretoria gebring en hier deur hom van werk voorsien.

VAN RYSSE WEN VERTROUE VAN REGERING.

In 1887 was die ontwerpplan vir 'n nuwe Goewermentsgebou in Pretoria gereed. Die nuwe Goewermentsgebou moes die Eerste Ou Goewermentsgebou, wat teen die einde van die sestiger en aan die begin van die sewintiger jare op die hoek van Marktstraat (dieteenswoordige Paul Krugerstraat) en die Kerkplein opgerig is, vervang. Vir hierdie doel het die Regering van die Republiek destyds besluit om 'n bed rag van £25,000 te bewillig en 'n prysvraag vir 'n geskikte ontwerpplan uit te skrywe. Die ontwerpplan van argitek J. W. Leslie SIMMONDS het die eerste plek verower, maar voordat met die oprigting van die gebou 'n aanvang gemaak is, het die regering wyslik besluit om eers 'n Kommissie aan te stel om die ontwerpplan en bestek van die gebou noukeurig na te gaan. In hierdie Kommissie het die regering vir Klaas van Rysse as een van die lede aangestel. Hy het vervolgens as Sekretaris van die Kommissie opgetree en in daardie hoedanigheid het Van Rysse, met sy deeglike vakkundige kennis, hom besonder verdienstelik gemaak en was hy grotendeels verantwoordelik daarvoor dat die regering, veral op sy aandrang, uiteindelik besluit het om die ontwerpplan van Simmonds op te doek en ander reelings te tref.

Deur sy gemotiveerde optrede en deskundige advies i.v.m. die Simmonds-ontwerpplan het Klaas van H.ysse daarin geslaag om die vertroue van die regering in sy gesonde oordeel en deskundigheid volkome te wen. President Kruger het vervolgens vir Van Rysse versoek om 'n heeltemal nuwe ontwerpplan op te stel waaroor die finale beslissing gevel sou word sodra president Kruger van sy destydse amptelike staatsbesoek aan die Oranje-Vrystaat sou teruggekeer het.

VAN RYSSE VOORLOPIGE "GOUVERNEMENTS INGENIEUR EN ARGITEKT."

Intussen is Van Rysse aangestel as die eerste voorlopige "Goevernements Ingenieur en Argitekt," 'n nuwe regeringsbetrekking wat destyds in die Republikeinse administrasie tot stand gekom het. Sytze Wierda het kort van tevore horn die aanstelling as "Goevernements Ingenieur en Argitekt" van die S.A.R. laat welgeval en Van Rysse sou voorlopig die betrekking beklee totdat Wierda, sy vroeere werkgewer in Amsterdam, in Pretoria vanuit Nederland opdaag. As Voorlopige G.I. & A. het Van Rysse vanaf Augustus tot Oktober 1887 in daardie hoedanigheid opgetree. Toe president Kruger op die laaste dag van Oktober 1887 na Pretoria vanuit Bloemfontein teruggekeer het, was Sytse Wierda, die pasbenoemde G.I. & A., een van die talle toeskouers wat die President by 'n versierde ereboog in Marktstraat verwelkom het. Die volgende oggend is Wierda deur president Kruger beedig as die eerste permanente. "Goevernements Ingenieur en Argitekt" van die S.A.R. Sodoende het Van Rysse se tydelike diens oorbodig geword en is hy vervolgens onthef van die pligte wat hy vir 'n tydlank op 'n besonder eervolle wyse uitgevoer het.

VAN RYSSE WORD ASSISTENT VAN WIERDA.

Na aanleiding van vertoe wat Wierda, die G.I. & A., tot die regering gerig het ,is Van Rysse kort na Wierda se indienstreding, as sy Assistent aangestel en in daardie hoedanigheid het Van Rysse in diens gebly van die Suid-Afrikaanse Republiek tot met die val daarvan. As die amptenaar wat tweede in beheer was van die uiters belangrike Departement van PubIjeke Werke (wat mettertyd tot stand gekom het), terwyl hy ook tydens Wierda se afwesigheid as Hoof van Publieke Werke waargeneem het, het Van Rysse uitmuntende en gewaardeerde dienste aan die Republiek gelewer.

ONTWERP PRIVATE EN KERKGEBOUE.

In 1889 het Van Rysse van die regering verlof ontvang om vir 'n bepaalde tyd die diens van die regering tydelik te verlaat. Van die geleentheid het hy gebruik gemaak om, in vennootskap met die begaafde argitek E. J. VIXSEBOXSE, 'n argiteksfirma op te rig. Dit moet in gedagte gehou word dat daar teen die einde van die tagtiger en aan die begin van die negentiger jare, 'n geweldige opoloei van die boubedryf aan die Rand en in Pretoria plaasgevind het. In hierdie tydperk van sy samewerking met Vixseboxse en ook toe hy voltyds in diens van die Departement van Publieke Werke was, het Van Rysse 'n hele aantal imposante private en openbare geboue ontwerp, afgesien van sy werksame en skeppende aandeel in die bedrywighede van die Departement van Publieke Werke. In hierdie verband kan genoem word die Z.A.S.M.-huis vir mnr. Middelberg, die Hoofbestuurder van die Z.A.S.M., op die hoek van Markt- (Paul Kruger-) en Jacob Marestraat, tans in gebruik van die Departement van Naturelle Sake; 'n pawiljoen vir die Suid-Afrikaanse Republiek op die Wereldtentoonstelling in Antwerpe in 1894; en 'n woonhuis vir mnr. P. W. T. Bell, Direkteur van die Staatsdrukkery, op die terrein van die Pretoriase Tegniese Kollege, Tenslotte kan nog verwys word na "Parkzicht" op die hoek van Jacob Mare- en Van der Waltstraat, ongetwyfeld een van Van Rysse se mees geslaagde ontwerpe. "Parkzicht" is destyds ontwerp as 'n woonhuis in die Vlaams-Renaissance-styl vir adv. Fred. Kleyn. Indertyd was die huis algemeen beskou as een van die sierlikste wonings in die destydse spogwoonbuurt van Pretoria. 'n Interessante ontwerp wat Van Rysse vir 'n nuwe amptelike presidentswoning gemaak het, het ongelukkig nooit in uitvoering gekom nie (Vgl. Euieesalbum van Pretoria, bI. 63 vir tekening van huis.).

Dit is egter veral op die gebied van die kerkboukuns dat Klaas Van Rysse horn besonder verdienstelik gemaak het. Hy het naamlik die huidige kerkgebou van die Gereformeerde Gemeente van Pretoria ontwerp, sowel as die kerkgebou op die terrein van die Melaatse Inrigting op Wesfort naby Pretoria. In medewerkins met wyle J. B. Wyers, was hy ook verantwoordelik vir die ontwerp van die "Bosmanstraatse Grootkerk."

TERUG NA NEDERLAND.

In Pretoria het Van Rysse in 1887 Erf Nr. 347 in Kerkstraat-Wes gekoop en daar het hy en sy gesin gewoon tot met hulle vertrek na Nederland. In 1888 is die erf oorgeptaas op die naam van mev. Van Rysse en eers geruime tyd na haar dood is hierdie erf en 'n ander een in Arcadia verkoop en haar boedelsake afgesluit.

Vanaf sy aankoms in Pretoria het Van Rysse 'n aktiewe en leidende aandeel geneem in die gemeentelike bedrywighede van die Gereformeerde Gemeente van Pretoria. Mettertyd het hy vir 'n geruime tyd as Skriba van daardie Gemeente opgetree. Die Tweede Vryheidsoorlog het ongelukkig 'n einde gemaak aan die nuttige openbare loopbaan van Klaas van Rysse in die Republiek. Nadat hy 'n aktielwe aandeel geneem het in die Boere se heroiese stryd, het hy en sy gesin na Nederland teruggekeer en hulle vir goed in hul1e geboorteland gaan vestig. Mev. van Rysse is in 1921 oorlede, terwyl haar eggenote eers geruime tyd daarna op 'n betreklik hoe leeftyd oorlede is. Albei is oorlede in die dorpie Velp, waar hulle ook begrawe le. Uit die huwelik van Van Rysse en mev. Hartgerink-Brummelkamp is daar geen kinders gebore nie.

Klaas van Rysse Jr. is een van 'n groot aantal Nederlanders wat deur Pretorianers steeds in dankbare herinnering gehou behoort te word. Mag die dag spoedig aanbreek dat Van Rysse se naam aan een of ander belangrike straat, park of openbare gebou gegee sal word.

H. M. REX.